V-Model

Diagram van die V-Model bestuursmetode

Die V-Model is 'n abstrakte, omvattende projekbestuurstruktuur vir die ontwikkeling van veral stelsels in inligtingstegnologie. Die naam word verleen aan die V-vormige daarstelling van die Projekelemente soos stelseldefinisie en toetsing wat rofweg afgebreek word volgens hul tydsposisie en besonderhede.

Die idee vir die V-vormige voorstelling is oorspronklik deur Barry Boehm geopper in 1979. Die eerste V-Model is in 1986 in Duitsland ontwikkel. Aanvanklik is die model hoofsaaklik gebruik vir die ontwikkeling van IT-projekte in die openbare sektor daar maar is later ook deur die privaatsektor in gebruik geneem. As 'n reël word 'n nuwe variant van die V-Model ontwikkel wanneer daar verbeterings geïdentifiseer word.

In teenstelling met klassieke Fasemodelle word daar in die V-Model slegs aktiwiteite en resultate gedefinieer sonder 'n streng chronologiese volgorde. In besonder het dit ook nie die tipiese aanvaarding wat gewoonlik 'n fase definieer nie. Verder is dit moontlik om die Aktiwiteite van die V-Model op 'n Watervalmodel of 'n Spiraalmodel af te beeld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search